Definisies van Bybelse Woorde – Deel 1 (Afrikaans)

Kom ons ondersoek hoe die mense van die Ou Testament en die Nuwe Testament hierdie woorde verstaan het, vanuit hul Hebreeuse kultuur.

Kom ons stel ondersoek in en bepaal of die leerstellinge van Vader vanuit die Ou Testament van beide die Torah (onderwyser) en die Profete (toekoms) met die nou (Nuwe Testament) ooreenstem.

Kom ons veronderstel jy het in die Messiah se era geleef, so 49 jaar voor die verwoesting van die en het ‘n leering direk vanuit die Messiah se mond of een van sy dissipel gehoor. Waarna sou jy verwys het om vas te stel of hul lering die waarheid was? Jy sou na die geskrifte verwys het. Kom ons stel vas wat hierdie geskrifte in Messiah se era.

Wat is die Geskrifte?

Hier is die verse wat ons gaan lees opsoek na Vader se definisie van die Geskrifte. Studeer dit asb self voor U na die opsomming van ons bevindinge gaan.

Handelinge 17 v11
Lukas 24 v44
Galasiérs 3 v8
Il Timotüés 3 v16
Matthéüs 21
Matthéüs 22 v29
Lukas 24 v27
Jakobus 4 v5
II Petrus 1 v20
II Petrus 3:15-16
Lukas 11 v49-51
Matthéüs 23 v34-35
Lukas 24 v44

Kom ons lees saam…

“En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessalonika; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.”
Handelinge 17 v11

Vanselfsprekend het hulle hul geskrifte geraadpleeg wat die Torah, Profete en Geskrifte was van wat ons vandag die “Ou Testament” noem. Hou in gedagte dat hulle nie die Hebreeuse geskrifte in hul era die “Ou Testament” genoem het nie en dat daar nog geen “Nuwe Testament” gepen was nie. Messiah het hieroor gepraat:

“En Hy sé vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die Wet van Moses (Torah) en die Profete en die Psalms, vervul moet word.”
Lukas 24 v44

“En die Skrif wat vooruit gesien het dat “God” (Elohiym) die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie (Besorah) verkondig met die woorde: ‘In jou sal al die volke geseén word.'”
Galasiérs 3 v8

“Die hele Skrif is deur “God” (Ruach Elohiym) ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid”
II Timotüés 3 v16

As jy nou in Messiah se era geleef het wat sou dit vir jou beteken het? Dit kon net een ding beteken, van wat ons vandag ken as die Torah, Profete en Geskrifte die “Ou Testament.”

YaHUsHa sé vir hulle:
“Het julle nooit in die Skrifte nie:
‘Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. Hy het van YaHUaH gekom en is wonderbaar in ons oé?'”

Matthéüs 21 v42

Dit kom duidelik van die profeet Yashayah (Jesaja).

“Toe antwoord YaHUaH) en sé vir hulle:
‘Jul/e dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van Elohiym nie.'”

Matthéüs 22 v29

“En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelé in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.”
Lukas 24 v27

“Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê:
‘Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon?'”

Jakobus 4 v5

“…terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van eie uitlegging is nie”
II Petrus 1 v20

“En ag die lankmoedigheid van YaHUaH as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus 00k met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het, net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf.”
II Petrus 3 v15-16

“Daarom het die wysheid van Eloyim ook gesé: Ek sal profete en apostels na hulle stuur, en van dié sal hulle doodmaak en vervolg, sodat van hierdie geslag afgeéis kan word die bloed van al die profete wat vergiet is van die grond/egging van die wéreld af, van die bloed van Abel af tot op die bloed van Sagaria wat omgekom het tussen die reukaltaar en die huis van Elohiym (Tempel). Ja, Ek sé vir julle, dit sal afgeéis word van hierdie geslag.”
Lukas 11 v49-51

“Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul sinagoges gésel en van die een stad na die ander vervolg,sodat oor julle kan kom al die regverdige bloed wat vergiet is op die aarde, van die bloed van die regverdige Abel af tot op die bloed van Sagaria, die seun van Berégja, wat julle vermoor het tussen die tempel en die altaar.”
Matthéüs 23 v34-35

“En Hy (YaHUaH) sé vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My is en vervul moet geskrywe in die wet van Moses (Torah) die profete en die Psalms word.”
Lukas 24 v44

Dit is duidelik wanneer daar van die geskrifte gepraat word is dit die Torah, die profete en die ander geskrifte wat aan die mense in Messiah se era bekend was as die Hebreeuse geskrifte en nie as die “Ou Testament” nie, omdat daar in hul era nog nie ‘n “Nuwe Testament” gepen was nie.

As julle nou die woord geskrifte gaan opsoek in die Hebreeuse geskrifte (“Ou Testament”) sal u dit nie daar vind nie, want die Hebreeuse geskrifte (“Ou Testament”) is in sy geheel die geskrifte, en sal dus net deur die boeke wat nie deel vorm van die geskrifte, daarna vewys.

Wat is…
Hoeveel keer het u al gesê: “Die woord van Vader is kragtig” of “Ons moet die woord bestudeer te sien hoe ons moet”

Wat sal ons gebruik het in die era van Yahusha om uit te vind wat die woord is. Die Hebreeuse geskrifte, en nou weet ons reeds wat dit is, so kom ons gaan kyk.

Wat is “Die Woord”?

Hier is die verse wat ons gaan lees opsoek na Vader se definisie van die Geskrifte. Studeer dit asb self voor U na die opsomming van ons bevindinge gaan.

Numeri 15:29-31
Deuteronémium 5:2-3
Deuteronémium 5:5
Jesaja 1:10
Jesaja 5:24
Jesaja 2:2-3
Miga
Johannes 1:1-3
Johannes 1:14
Jesaja 44:24
Nehemia 9:6

Kom ons lees saam…

“Wat die kind van die land onder die kinders van Yasharal aangaan die vreerndeling wat onder vertoef-…….- een en dieselfde wet (Torah) moet virjulle geld, vir hom wat in swakheid jets doen.”
Numeri 15 v29

“Maar die siel wat iets moedswillig doen, van die kinders van die land of van die vreemdelinge, hy versmaad YaHUaH; en dié siel moet uitgeroei word onder sy volk uit. Want die woord (Torah) van YaHUaH het hy verag en sy gebod verbreek. Dié siel moet sekerlik uitgeroei word; sy ongeregtigheid is op hom.”
Numeri 15 v30-31

Hierbo word die woord vergelyk met SY gebod.

“YaHUaH onse Elohiym het by Horeb met ons ‘n verbond gesluit. Met ons vaders het (YaHUaH) hierdie verbond nie gesluit nie, maar met ons self, ons wat hier vandag almal in die lewe is.”
Deuteronömium 5 v2-3

Dit verwys na die vredesverbond by die berg Sinai.

“…ek het in dié tyd tussen en julle gestaan om aan julle die woord van YaHUaH. bekend te maak, want julle was bevrees vir die vuur en het nie op die berg geklim nie — en Hy het gesé:”
Deuteronömium 5 v5

“Hoor die woord van YaHUaH, owerstes van Sodom! Luister na die wet (Torah) van onse Elohiym, volk van Gomorra!”
Jesaja 1 v10

Hierbo word die woord vergelyk met om te luister na die Torah.

“Daarom, soos die vuurtong stoppels verteer en droé gras in die vlam inmekaarsak, so sal hulle wortel soos poeier word en hulle uitspruitsel soos stof opstuiwe; omdat hulle die wet (Torah)van
YaHUaH van die leérskare verwerp het en die woord van die Heilige van Israel verag het”

Jesaja 5 v24

Hierbo word die Torah vergelyk met die woord.

“En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van YaHUaH vasstaan op die top van die berge en wees bo die heuvvels, en al die nasies sal daarheen toestroom.”
Jesaja 2 v2

“En baie volke sal heengaan en sé: ‘Kom laat ons optrek na die berg van YaHUaH, na die huis van Elohai van Jakob (Ya’aqov), dat Hy ons sy weé kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet (Torah) uitgaan en die woord van YaHUaH uit Jerusalem (is die beeldspraak van Vader se aardse koninkryk).'”
Jesaja 23

Hierbo word die Torah vergelyk met die woord. En die Torah word YaHUaH se en paaie.

“En baie nasies sal heengaan en sé: Kom, laat ons optrek na die berg van YaHUaH en na die huis van Eloai van Jakob (Ya’aqov), dat Hy ons in sy weé kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet (Torah) uitgaan en die woord van YaHUaH uit Jerusalem.”
Miga 4 v2

Hierbo sien ons weer dat die Torah van die hemele (die berg Sion) vergelyk word met die woord (Jerusalem).

Volgens die Hebreeuse geskrifte van die wat geleef het in Messiah se era, weet ons nou dat die woord die Torah en gebooie is van Vader.

So wanneer ons in ‘n gehoor was waar die spreker die volgende lering gebring het, wat sou ons afgelei het volgens die Hebreeuse geskrifte (“Ou Testament”)?

“In die begin was die Woord (die Torah), en die Woord (die Torah) was by Elohiym, en die Woord (die Torah) was Elohiym. Hy was in die begin by Elohiym. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.”
Johannes 1 v1-3

So die Torah van Vader is sy woorde, en as Vader bv nie gespreek het en gesé het:
“laat daar lig wees,” sou daar nie lig gewees het nie.

“Maar omdat Vader al daai dinge in skepping ingerroep het met Sy woorde het dit alles tot geboorte gekom soos ‘n enigebore seun van ‘n vader.”
Johannes 1 v14

Baie mense leer vanuit Johannes 1 dat Messiah saam met die Vader die hernele en aarde geskape het as gevolg van hulle interpretasies daarvan.

Kom ons kyk na die volgende twee getuienisse en heroorWeeg wat sommige mense leer.

“Verlosser, en Hy wat jou geformeer het van die YaHUaH wat alles volbring, wat die hemel uitspan, Ek alleen, en wat die aarde uitsprei — wie was met My?”
Jesaja 44 v24

“U is alleen YaHUaH, Ij het die hernel, die hoogste en al sy leërskare, gemaak, die aarde en alles wat daarop is, die en alles wat daarin is, en U hou dit alles in die lewe, en die leër van die hemel buig hulle voor U neer.”
Nehemia 9 v6

You may also like...

2 Responses

  1. Alana Sykes says:

    Love hierdie Davison. Dankie Boetie🤗

  1. 2023-07-08

    […] the Afrikaans version, click […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *